Pinkstergemeentes se moderne suksesverhaal

Geliasieer onder: Nuus,Wêreldnuus |

NEDERLAND. – Pinksterkerke in Nederland gaan steeds van krag tot krag terwyl die meeste van die gevestigde kerke noustrop trek.

Volgens die Nederlandse koerant Friesch Dagblad verwelkom Pinksterkerke oor die wêreld heen na raming elke dag sowat 35 000 nuwe lidmate. Dit beteken bykans 13 miljoen nuwe gelowiges per jaar.

Pinksterkerke het aan die begin van die 20ste eeu ontstaan, maar sedert die jare sewentig van die vorige eeu het dié kerke wêreldwyd dramaties gegroei. Veral in Latyns-Amerika en Afrika was daar ’n enorme toename van dié kerke. Die groei geskied dikwels ten koste van die meer gevestigde kerke en nie noodwendig vanweë buite-kerklikes wat bekeer word nie.

Daar het die afgelope jare verskeie wetenskaplike artikels verskyn oor die tendens dat Pinksterkerke groei ten spyte van die feit dat mense in Europa ál meer kerklos word. ’n Simposium oor die verskynsel is vroeër vandeesmaand aan die Universiteit van Utrecht gehou.
– Bron: Friesch Dagblad

3 Responses to Pinkstergemeentes se moderne suksesverhaal

  1. Ek sê al lankal as die tradisionele Kerke in Suid-Afrilka nie gaan vernuwe en verander nie, gaan hulle by die punt kom waar hulle dan hul kerkgeboue se deure moet sluit en aan ‘n ander kerkgenootskap verkoop. So wie nie wil luister nie, moet voel.

    Edwin Müller
    Sasolburg

    Edwin Müller
    14/06/2012 at 14:20
    Reply

  2. Die artikel is hoopvol, maar die syfers en statistiek is misleidend. Daar is maar 16 miljoen mense in Nederland volgens my kennis. Dit is ‘n baie klein land. Dit is dalk wereldwyd dat 35 000 mense by die Pinksterkerke aansluit. Well done. Maar nie in Nederland nie.

    Leon
    17/07/2012 at 05:11
    Reply

  3. Die stelling van Edwin is vir my ontstellend. Terwyl hy en baie andere ‘n nuwe aanbiddings wyse voorstaan is daar baie ander toegewyde Christene wat verkies om te hou by die ou-ou Tyding en wyse van aanbidding. Wat is fout daarmee? Vernuwing is nie altyd die regte metode nie. By vernuwing moet in ag geneem word of daar gehou word by dit wat ons leer in die Evangelie soos Jesus dit aan Sy dissipels voorgehou het. In baie gevalle word die vleeslike, waarteen Paulus streng waarsku, as vernuwing voorgehou. Persoonlik verkies ek didaktiese boodskappe. Dit is opbouend vir my geestelike lewe. Om te juig in die Here wanneer jy beleef hoe Hy jou deur moeilike gebeurtenisse dra, jou probleme vir jou oplos en jou bewaar. Om spontaan in gebed te kan uitbars wanneer jy Sy goedheid beleef en Hom dan grootmaak en eer.

    Jan
    09/11/2012 at 02:48
    Reply

Los Boodskap

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>