Tuisblad » Argiewe volgens kategorie » Nuus (Page 6)
Lidmate wil gay-saak weer op kerk se agenda hê

KAAPSTAD. – ’n Ernstige poging word tans aangewend om die kwessie van permanente verhoudings tussen homoseksuele mense asook die vereiste dat gay predikante selibaat moet wees, weer op die NG Kerk se agenda te kry. Die Moderamen van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland het by sy jongste vergadering “met groot erns” kennis geneem van die skrywe [...]

Continue reading …
Predikantsvrou terug op dorp, vier nagmaal

HARRISMITH. – Mev Dorothea Brits (59) het verlede week vir die eerste keer weer ’n erediens, en daarby ’n nagmaalviering, in haar gemeente bygewoon. Mev Brits is die eggenote van die vermoorde ds Willem Brits (60) en ma van Martin Brits (28), wat van die moorde op sy pa en aanstaande swaer, Gerhard Vermeulen (25), [...]

Continue reading …
Armoede se impak

KAAPSTAD. – Die impak van die ekologie op armoede en armoede se impak op die ekologie is een van die onderwerpe wat binnekort by ’n groot Aardesorg-konferensie bespreek gaan word. “Aardesorg oor armoede en ekologie,” word deur die NG Kerk, die VGK en die Anglikaanse Kerk gereël. Ds Carl Swart, direkteur: kommunikasie en hulpbronontwikkeling by [...]

Continue reading …
Oorlog teen vroue, kinders noodsaak gebed

PORT ELIZABETH. – Die oë van die wêreld was die afgelope paar weke op Bredasdorp gerig ná die verkragting, sodomisering en moord op die 17-jarige Anéne Booysen. Anéne is tussen 1 en 2 Februarie gruwelik verkrag en vermink en vir dood agtergelaat. Op sosiale netwerke is die boodskap duidelik: ’n Oorlog woed teen die liggame van [...]

Continue reading …
Vrystaat geskok oor moorde

BLOEMFONTEIN. – Geloofsgemeenskappe moet hulle mense help om trauma en seer te verwerk. Só sê dr Pieter van Jaarsveld, moderator van die vorige Sinode van die Vrystaat, na aanleiding van die vlaag moorde wat die provinsie die afgelope klompie maande geruk het. Die moderamen het die gewelddadige misdade by sy jongste vergadering bespreek. “Die moderamen [...]

Continue reading …
Duitse gesin soek asiel oor tuisonderrig

WASHINGTON. – ’n Duitse Christen-gesin het hulle tot die Amerikaanse regstelsel gewend om te verhoed dat hulle na Duitsland gedeporteer word. Uwe en Hannelore Romeike het in 2008 met hulle vyf skoolpligtige kinders na Tennessee in die VSA gevlug omdat hulle nie die kinders in Duitse openbare skole wou laat onderrig nie. Die egpaar wou [...]

Continue reading …
Nuwe pous dalk uit Afrika

DIE VATIKAAN. – Die onverwagse aankondiging deur Pous Benedictus XVI dat hy einde Februarie uittree, het wêreldwyd opslae gemaak. In ’n verklaring het die 85-jarige hoof van die Katolieke Kerk gesê sy geestelike en liggaamlike krag “het in die laaste maande tot só ’n mate agteruitgegaan dat ek my onvermoë moes erken om die bediening [...]

Continue reading …

Tobie Cilliers, Born to Hunt Safari’s, skryf: Ek wil graag ’n konstruktiewe bydrae tot die Belhar-kwessie maak. En wat ek daarmee bedoel, is dat wat ek hier gaan skryf hopelik tot opbou van Christus se Liggaam en geïnspireer deur die Heilige Gees sal wees. Ek is ’n professionele jagter, nie ’n teoloog nie en dalk [...]

Continue reading …

Dr Dawie Botes, NG Gemeente Vrede-Wes, skryf: Ek is daarvan oortuig dat daar ’n dringende behoefte aan ’n eietydse, vierde belydenisskrif bestaan. Hierdie vierde belydenisskrif moet aan al die vereistes van ’n belydenisskrif voldoen en moet gesamentlik deur die vier kerke van die NG Kerkfamilie opgestel word. Dit moet dienstig aan die eenheid van die kerke [...]

Continue reading …
Moderator vra eenheid met Hervormers

Die gesprek oor kerkeenheid het ’n nuwe wending geneem. Dit volg na ’n pleidooi deur die moderator van die NG Kerk se vorige Algemene Sinode, prof Nelus Niemandt, dat daar opnuut besin sal word oor eenwording tussen die NG Kerk en een van sy Afrikaanse susterkerke, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA). Prof Niemandt [...]

Continue reading …