Kerkbode

Argerich en vriende wys hoe
Piet Meiring Martha Argerich is ’n fenomeen. Vir baie is sy, doodeenvoudig, die grootste lewende pianis. Vir ander is sy die grootmoedige kunstenaar wat jaarliks in Switserland en Japan musiekfeeste hou om nuwe kunstenaars bekend te stel. Sy is ’n onafhanklike gees, sê baie, en sy laat haar deur niemand en niks voorskryf nie.

Sy speel haar klavier op háár manier! Vir haar dogter, wat ’n film oor haar lewe gemaak het, is sy ’n godin – maar as jy haar goed ken, ’n skamerige godin. Wat niks daarvan hou om alleen op die verhoog te staan nie. Dit is die rede waarom die Argentyns-gebore Martha Argerich, wat reeds van haar agste jaar in die openbaar optree, gedurig daarvoor sorg dat sy óf ’n concerto speel (waar ’n hele orkes haar geselskap hou) óf haar met haar kamermusiek-kollegas omring. As jy wil hoor hoe dit klink, haal Martha Argerich & Friends live from Lugano 2011 (EMI 6 44701 2) van die rak.

Op dié driedubbele CD kan jy hoor hoe Argerich, saam met die Orchestra della Svizzera al Italiana, Ravel se Klavierkonsert in G uitvoer – asemrowend, dramaties, soos net sý kan. Maar dan trek sy haar vriendin, Lilya Zilberstein, verhoog toe – saam met ’n groep jonger kunstenaars van wie die wêreld moet kennis neem. Sy het hulle na die Lugano-fees genooi om mekaar te leer ken, om saam te oefen en om saam op te tree. Die program is keurig saamgestel: Beethoven, Mozart, Haydn, Schumann, Liszt, Sjostakowitsj, Ravel en Zarebski kry elkeen ’n beurt.

Ek moet erken: Van Sjostakowitsj se werk op CD nommer 2 (Cheryomushki, Op 105) het ek in my lewe nog nie gehoor nie, maar dit het my voete onder my uitgeslaan: Drie klaviere wat met mekaar kompeteer, met melodieë só vrolik dat jy lus voel om saam te fluit! Tydens die Lugano-fees kry alle kunstenaars presies dieselfde vergoeding, dit maak nie saak of jy ’n wêreldberoemde dirigent of ’n groentjie is nie.

Baie oë rek daaroor, maar dit is presies soos Martha dit wil hê. By dié fees is almal één familie – ook die gehoor. En laasgenoemde laat die dak lig!

- Ek het my CD by Music 4U Kolonnade, Pretoria (012 548 2425) gaan haal.

Wat die beoordelaars oor ‘Lewend en kragtig?’ sê:
Prof Hendrik Bosman: Dit is verfrissend om ’n slag goeie teologie op Afrikaans te hoor. En om waar te neem hoe moeite gedoen word om, sonder verlies aan teologiese diepgang, omstrede stof algemeen toeganklik (populêr?) aan te bied. Die boek slaag daarin om ’n puik oorsig van eietydse internasionale gesprekke oor God se handelinge te formuleer.

Eerw Edwin Arrison: Conradie se boek is ’n nommer een-boek. Sy skryfstyl is baie logies. Hy maak interessante stellings, soos: “Gebed het ’n invloed op God … sonder dié oortuiging maak gebed nie sin nie.” Hy wys daarop dat die manier waarop God werksaam is, langsaam is en groot geduld verg. Dat God deur die vernuwing van ons eie denke werk – as ons God se Woord lees, oordink en verkondig.

Prof Christina Landman: Hierdie is ’n asemrowende boek, met ’n skitterende integrasie van wetenskap en geloof. Dit getuig van sowel ’n ensiklopediese kennis van die vakgebied as ’n besonderse aanvoeling vir kontemporêre spiritualiteit. Dit is werklik ’n prys werd!

- Lewend en kragtig? In gesprek oor God se handelinge in die wêreld, deur Ernst Conradie, is deur Bybel-Media uitgegee en kan bestel word by bestel@bmedia.co.za of 0860 26 33 42. Die boek kos R199,50. Dit kan ook as e-boek @ R30,00 by www.bybelmedia.co.za aangekoop word.

Vakatures, 17 Mei 2013
Daar is GEEN vakatures in die Kerkbode van 17 Mei 2013.

Bybel-Media: vennoot in geloof en bediening
Die direksie van Bybel-Media se besluit om Kerkbode se borgskap aan die Woordfees-gesprekke op Stellenbosch te onttrek, en die openbare uitval daarna, laat mense vanselfsprekend met vrae oor die gebeure. DANIE MOUTON, voorsitter van die direksie, skryf hieroor soos volg:

Natuurlik kan Christene met enigeen in openbare gesprek tree oor ons geloof. Ons is geroep om oor ons geloof te getuig. Hierdie soort gesprekke moet egter volgens die regte grondreëls opgestel word. Dit is juis hier waar die Woordfees-gesprekke die toets gedruip het. Tydens ’n optrede voor predikante in Port Elizabeth, is prof Hennie Pieterse van Universiteit Pretoria deur ’n leraar gevra oor Kerkbode se onttrekking aan die Woordfees.

Prof Pieterse het gesê hy steun die onttrekking, en het dit soos volg gemotiveer: “Voorwaardes vir ’n openbare debat is dat dit op gelyke voet moet geskied tussen twee standpunte wat oor ’n saak argumenteer of gesprek voer. Beide kante se deelnemers moet mekaar se integriteit aanvaar en mekaar se vryheid gun. Beide moet ’n openheid hê vir mekaar se sieninge. Argumente en teen-argumente behoort in ’n ruimte van vryheid en respek te geskied. Op so ’n gelyke veld kan die debatvoerders uiteindelik ooreenkom om van mekaar te verskil, of beide kan nuwe insigte in die gesprek verkry – of op sy beste kan daar ’n mate van konsensus op sekere punte ontstaan.” Hiermee word ’n groot deel van die bestuur en direksie se ongemak met die Woordfees-gesprekke verwoord.

Die gesprekke was in meer as een opsig nie reg opgestel nie. Ons sou met die Woordfees oor die alternatiewe inkleding van die gesprekke kon beding. Dit sou opsigself net so ’n plofbare situasie skep. Die gebrek aan tyd was ’n groot faktor. Uiteindelik het ons verskoning aangeteken en ons borgskap onttrek.

Kerk en ongeloof ’n Wesenlike vraag is of die kerk oor die groeiende ongeloof onder Afrikaners in ’n openbare gesprek behoort te tree. Die antwoord kan vanselfsprekend net “ja” wees. Ons moet ons geloof teenoor die wêreld verantwoord. In die proses leer ons ook ons geloof beter verwoord. Die grondreëls moet dit egter moontlik maak dat geloof gedien word. Daarom stem ons saam met die Moderamen van die Algemene Sinode wat sê die kerk borg nie ongeloof nie.

Gesprekke wat doelbewus só opgestel word dat geloof beskaam en betwyfel word, pas nie by die getrouheid aan die evangelie wat van die kerk gevra word nie. Mense wat nog twyfel in die direksie se oordeel, kan gerus daarvan kennis neem dat dr Braam Hanekom, na sy deelname aan ’n Woordfees-gesprek, gesê het die kerk kan nie op so ’n ongelyke speelveld deelneem nie.

Gemeente en ongeloof In ’n skrywe aan Rapport sê die kerkraad van die NG Gemeente Stellenbosch dat gemeentes veilige en nie-outoritêre ruimtes moet skep waar lidmate oor hulle twyfel en ongeloof moet kan gesels. Dit is ’n baie goeie idee. Predikante moet seker maak dat hulle lidmate se vrae sinvol kan hanteer. ’n Resente ontwikkeling in die teologie is navorsing oor die historiese Jesus, wat erns maak met die feit dat Jesus ’n Jood was wat in die eerste eeu na Christus geleef het, binne ’n spesifieke konteks.

Terwyl sommige teoloë historiese-Jesus-navorsing gebruik om geloof in die lewende Here te bevraagteken, is daar net soveel hierin wat die bronne van ons geloof bevestig en versterk. Voorbeelde hiervan is boeke deur briljante teoloë soos NT Wright en Scot McKnight, terwyl elke lidmaat dr Francois Wessels se bekroonde boek oor Jesus, Wie was Jesus regtig?, in Afrikaans kan lees. Bybel-Media bring sy kant as publikasievennoot op hierdie opwindende weg.

Morsige openbare twiste Vanselfsprekend het die direksie die koste van ons onttrekking aan die Woordfees-gesprekke vooraf bereken. Ons het geweet dit gaan erg wees, maar was vasberade om getrou aan die evangelie van die Here Jesus Christus te wees. Ons betreur die feit dat die gesprek in die koerante en sosiale media daarna ontaard het. Die kerk, en Bybel-Media as maatskappy, het geweldig skade gelei. Die nasionale sport om die NG Kerk vir alles te blameer, en by voorbaat aan elke selfgefabriseerde aanklag skuldig te bevind, het hoogty gevier. Ons sou dit anders wou hê. Daar is ’n silwer randjie. Die gebeure help ons helder verstaan dat die kerk nie meer in die magsentrum van die samelewing staan nie. Ons is sedert 1994 toenemend gemarginaliseer.

Die invloed wat ons kan uitoefen, kan egter steeds effektief wees. Dit sal nie deur mag en beeldpoets geskied nie, maar deur diens en getuienis. Daarvan getuig soveel gemeentes se diensprojekte, wat ’n enorme impak het. Dit is nou die tyd om vanuit ’n verdiepte verhouding met die Here, verdiepte verhoudinge met mekaar, en ’n dieper dors na diensbaarheid te lewe. Om in die sentrum van so ’n openbare moddergooie­ry te verkeer, is vir ’n kerklike diensmaatskappy ’n uiters pynlike ervaring.

’n Produktiewe maatskappy Ons is ter wille van die evangelie sensitief vir die geloofwaardigheid van Bybel-Media. Ons doel is ’n uitgesproke en effektiewe vennoot in geloof en bediening vir ’n dienende kerk. Ons doen dit as drie bedryfseenhede en agt departemente, deur ’n wye verskeidenheid aktiwiteite. Volgens die jongste jaarverslag het die maatskappy in die 2012-2013-boekjaar die volgende gebied: Die publikasie-afdeling verskaf praktiese en relevante Christelike publikasies, kategesemateriaal en opwindende Bybelstudies. Die afdeling vir elektroniese media dra die evangelie deur beeld en klank op DVD en via die internet uit.

Die Nehemia-Bybelinstituut het vanjaar 1 026 aktiewe studente gehad en 15 kursusse vir kerklike ontwikkeling gefinaliseer. Daar is 6 569 toetse van studente gemerk, 8 952 studiegidse is uitgestuur, en 8 040 nuwe gidse gedruk. En 13 nuwe leersentrums (Bybelskole) is gevestig. Ons bediening aan gevangenes maak geweldige impak. Ons ontvang steeds baie getuienisse van mense in tronke oor die lengte en breedte van Suid-Afrika, wat vertel watter geweldige verskil ons Bybelstudiekursusse in hulle lewe gemaak het. Uit Mangaung skryf ’n gevangene:  “… you gave out of your heart true Christian love when all around me was dark. My heart rejoices and celebrates in gladness. Jesus has taken away all sadness.” In genoemde boekjaar is 9 680 kursusse gratis versprei. Pastorale beraders het 1 386 persone se vrae hanteer. Goeie Nuus Media versprei die evangelie deur “Audibible”-klankspelers.

Vanjaar is 2 320 items versprei. Ons finansiële administrasie is, volgens ’n onlangse ouditeursverslag, ’n voorbeeld vir soortgelyke organisasies. Bybel-Media Handel het vanjaar ’n beduidende groei in omset gehad. Tydskriftemaatskappy publiseer Kerkbode, wat deesdae inspirerend berig oor die kerk se bediening. LiG is ’n gesinstydskrif van formaat, wat tot ver buite die grense van die kerk ’n impak op die lewe van gesinne maak. LiG toon gemiddeld ’n sterk groeikurwe in sirkulasie. Dit is ’n besonderse prestasie. Kerkbode se sirkulasie daal oor die afgelope dekade teen ’n konstante tempo. Ons wil dit omkeer.

Hierdie is ’n klein seleksie van die geweldige werk wat ons doen.

Personeelverhoudinge Die Woordfees het intense druk binne die Bybel-Media groep van maatskappye veroorsaak. Ons betreur veral twee anonieme briewe, waarvoor een van ons senior departementshoofde later verantwoordelikheid aanvaar het. In hierdie briewe word beledigende opmerkings teenoor die voorsitter van die direksie en die uitvoerende hoof gemaak. Die briewe is deur ander aan Rapport gelek, wat dit sensasioneel uitbasuin het.

Die direksie het onmiddellik ’n onafhanklike konsultant aangestel om die verhoudinglandskap in Bybel-Media te ondersoek. Personeel het dié proses geesdriftig ondersteun en individuele gesprekke met die konsultant gevoer. Die verslag vestig aandag op verskeie fasette wat nou aandag gaan geniet.

Onder een sambreel Bybel-Media is sedert die Algemene Sinode van 2002 se besluit die sambreel waaronder uiteenlopende media-bedieninge saamgevoeg is. Opsigself was hierdie konsolidasieproses ’n uitdaging soos min. Verskillende maatskappye, elk met sy unieke organisasiekultuur, moes deel van ’n groter geheel word. Daar was intense, tegnies-ingewikkelde prosesse om samevoegings te hanteer. Werknemers moes ook legitieme persoonlike belange en behoeftes ondergeskik stel aan groter pro­ses­se. ’n Baie bekwame direksie, waarvan die meeste lede onlangs uitgetree het, het hierdie prosesse bestuur. Die dokumente, beleid en prosedures van die maatskappy is op skitterende wyse in plek geplaas.

’n Nuwe fase Uit die konsultant se verslag blyk duidelik dat die skep van ’n verenigende visie en die ontwikkeling van ’n gemeenskaplike organisasiekultuur nou dringend aandag verdien. Volgens die personeel se terugvoer is werknemers merendeels baie lojaal teenoor hulle departemente en hoofde, en heers daar nie konflik binne departemente nie. Personeel verklaar egter ook dat hulle die organisasie as ’n samevoeging van losse afdelings beleef.

Teen die historiese agtergrond, moet daar hiervoor begrip wees. Ons aandag is op traumatiese wyse op die organisasiekultuur gevestig. Die direksie is van voorneme om in die onmiddellike toekoms daadwerklik hieraan aandag te gee. ’n Inklusiewe proses, waar personeel, bestuur en direksie saam betrokke raak by die opwindende uitdaging om Bybel-Media se visie te bevestig, is nodig. Ons moet ’n diverse organisasie visualiseer wat as eenheid rondom die visie belyn is. Ons is dankbaar dat die organisatoriese grondslag reeds gelê is om hierdie proses te dien.

Almal is belangrik Vir die direksie is al Bybel-Media se verskeie departemente en afdelings natuurlik belangrik. Ons wil almal se werksaamhede van harte bevorder, omdat almal ’n wesenlike bydrae lewer. Almal bevorder die evangelie op ’n eiesoortige wyse.

Het ons gelieg? In die hitte van die stryd is ons daarvan beskuldig dat die direksie, ekself as voorsitter, en ook ander personeel, gelieg het. Natuurlik het ons nie. Die moderamen, wat diverse standpunte verreken het, het ook só bevind. Bevestigende informasie is ook deur personeel wat onlangs uitgetree het, voorsien. Die wesenlike vraag is nie wie gelieg het nie. Die vraag is of alle personeel die leiding van die direksie, as verteenwoordiger van die kerk, aanvaar of nie. Die vraag is of die evangelie op ons agenda is. Die direksie, personeel en organisasie se bediening word hierdeur gefokus.

* Belangstellendes kan die jongste jaarverslag by bestuur@bmedia.co.za aanvra.

NG Kerk se rol in Afrika versterk
Daar heers groot opgewondenheid oor die NG Kerk se toelating tot die All Africa Conference of Churches (AACC). Die AACC is die belangrikste ekumeniese liggaam op die vasteland en vergader elke vyf jaar. Die NG Kerk se lidmaatskap word gesien as ’n geleentheid om bande met Christene oor die hele kontinent heen te bou.

Prof Nelus Niemandt, voorsitter van die dagbestuur van die Algemene Sinodale Kommissie, het aan Kerkbode gesê die NG Kerk het hom in 2002 sowel as in 2004 en 2007 in sy Roepingsverklaring tot Suider-Afrika en ­Afrika verbind. Hy meen die NG Kerk kan baie by ander Christene in Afrika leer. “Saam kan ons ook help om die uitdagings te onderskei wat hierdie kontinent aan kerke stel.” Dr Kobus Gerber, algemene sekretaris van die NG Kerk, is lid van dié kerk se afvaardiging wat die eersvolgende vergadering van die AACC sal bywoon.

Dit vind vanaf 30 Mei tot 2 Junie in die Ugandese hoofstad, Kampala, plaas met as tema: “God of life, lead Africa to peace, justice and dignity.” Dr Gerber meen die vergadering se hart kan in die tema gesien word. “Sake wat vir ons kontinent van die allergrootste belang is, sal bespreek word. Al die betrokkenes hoop uiteraard dat die kerke op die vasteland sal kennis neem van wat rondom hulle gebeur, dat hulle saam sal onderskei waartoe die Here ons in ons onderskeie situasies roep en dat hulle saam sal besin oor hoe die lede in Christus se liggaam mekaar kan bystaan.”

Dr Gerber het aan Kerkbode gesê dit is vir die NG Kerk ’n “groot saak” om die eerste keer ooit as formele lid by ’n AACC-vergadering teenwoordig te wees. “Ons sal nou deel van die mees omvattende ekumeniese liggaam op ons kontinent wees. Die NG Kerk het al telkens gesê dat ons deel is van hierdie kontinent, dat ons hiér ons deel wil doen om die seer en stukkend te help heel maak. Ons kan dit nou saam met broers en susters wat meer as ons van die kontinent weet, doen.”

Emeritusprofessor Piet Meiring, voormalige direkteur van ekumene in die NG Kerk, meen die toelating tot die AACC is ’n wonderlike gebeurtenis. “Nou kan ons baie van Afrika leer, wat die spesifieke behoeftes hier is én die rol wat ons daarin kan speel. Die NG Kerk het beslis ’n belangrike rol om in die kontinent se maatskaplike, sosiale en politieke kwessies te speel.”

Die NG Kerk se afvaardiging na die AACC-vergadering is prof Nelus Niemandt, dr Kobus Gerber, ds Norma Rossouw as vroue-afgevaardigde en prop Frans du Plessis as jeugafgevaardigde.

– karen@tydskrifte.co.za

Gesprek oor teologiese opleiding
PRETORIA. – ’n Versoek tot ’n gespreksgeleentheid met teologiese dosente oor teologiese opleiding aan die Universiteit Pretoria (UP), het nouer bande tussen die NG Sinode Hoëveld en die NG Kerk se dosenteraad aan dié universiteit tot gevolg gehad. Verskeie dosente aan UP se teologiese fakulteit het in April met leraars uit genoemde sinodale gebied in gesprek getree.

Tydens hierdie byeenkoms is die waarde van die belydenisskrifte, akademiese integriteit in die leraars se opleiding, die plasing van praktykvorming, asook bestuursvaardighede in die leraaramp bespreek. Elkeen van die genoemde temas is om die beurt deur ’n spreker uit die sinodale gebied en ’n fakulteitverteenwoordiger ingelei, waarna ’n bespreking gevolg het. Dr Danie Malan het gesê dat die belydenisskrifte (Drie Formuliere van Eenheid) Christene help om op die Here te fokus.

Hierop het dr Johan van der Merwe gevra dat dié geskrifte “herontdek” moet word, omdat dit “nuwe wêrelde kan oopmaak”. Beide teoloë was dit eens dat hierdie geskrifte onbemind is omdat dit onbekend is. Ds Giel Roux het in sy aanbieding oor “die akademiese integriteit in dominees se opleiding, in balans met die gereformeerde spiritualiteit”, die klem op balans geplaas, en dosente gevra om studente in hierdie kuns te onderrig. Hy sê studente moet in ’n vroeë stadium van hulle teologiese opleiding aan gemeenskapswerk blootgestel word. Prof Johann-Albrecht Meylahn het gesê die fakulteit wil studente oplei wat vrae krities kan beredeneer.

“Teologiese opleiding beaam verwondering en worsteling – ’n soeke na God – wat dit spesiaal maak. Ons probeer om hierdie heilige ruimte vir studente te skep.” Prof Nelus Niemandt, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen en hoof van die Departement Godsdiens- en Sendingwetenskap aan UP, sê dat daar geen twyfel bestaan dat studente wel gereformeerde opleiding by Tukkies ontvang nie. Dr André Bartlett, hoof van Excelcus aan die fakulteit, sê die teologiese kursus by Tukkies is onder meer op ’n mentorskapprogram geskoei.

Dít gee aan elke vyfdejaarstudent die geleentheid om saam met ’n spesifieke leraar te werk, en sodoende eerstehandse kennis op te doen – “van hospitaalbesoeke tot kerkraadsvergaderings”.

– Gerda-Marié Viviers

VSCV wil lewens in Zimbabwe aanraak
STELLENBOSCH. – In ’n poging om ’n daadwerklike verskil in die Zimbabwese gemeenskap te maak, beplan die Wes-Kaapse tak van die VCSV ’n uitreik na Bulawayo. Me Melitta Adams, diensjaar-spanleier, sê die uitreik gaan deur die VCSV se Wes-Kaapse Diensjaar vir Christus-span onderneem word.

“Ons beplan om ’n daadwerklike verskil in mense se lewe te maak. Almal weet dit gaan baie swaar in ons buurland. Ons wil graag ’n kamp vir weeskinders in daardie gemeenskap hou.” Melitta sê dit sal aan hulle ’n geleentheid gee om die kinders te bedien en om hulle meer oor God en sy liefde te leer. D

ie span gaan ook saam met die kerke in die omgewing werk om die Woord te bedien. Altesaam sewe lede beoog om op die uitreik te gaan. Hulle doen al die voorbereiding en beplanning self. Lede is ook verantwoordelik vir hulle eie onkoste – teen R5 500 elk. Enigiemand wat graag ’n geldelike bydrae wil maak ten einde die toergroep te ondersteun, kan me Dorian Adams by 073 293 5366 of me Melitta Adams by 075 462 5897 skakel.

Land bid vir nasionale kwessies
PRETORIA. – Kerkleiers uit verskillende kerke en Christene van oor die ganse spektrum in Suid-Afrika gaan binnekort aan ’n nasionale gebedsdag in Pretoria deelneem. Dié gebedsdag is deur die Suid-Afrikaanse Christenleiers Indaba (SACLI) uitgeroep – en die doel daarvan is om vir ernstige nasionale kwessies te bid, onder meer verkragting, korrupsie en geweld.

Luidens ’n persverklaring van SACLI is ’n suksesvolle gebedsdag ook in Januarie gehou. Prof Nelus Niemandt, voorsitter van die NG Kerk se Algemene Sinodale Moderamen, aartsbiskop Thabo Makgoba  van die Anglikaanse Kerk, dr Isak Burger, president van die Apostoliese Geloofsending en biskop Zipho Siwa, voorsittende biskop van die Metodiste­kerk, was van die kerkleiers wat daardie gebedsdag bygewoon het. “Daar is toenemende kommer oor bepaalde kwessies in ons land,” sê SACLI.

“Suid-Afrika het dit nodig om in gebed te verenig en God se aangesig te soek. Die Here moet hier ingryp.” SACLI sê hulle glo dat gebed die nasie kan verander en eenheid kan versterk.

Die gebedsdag vind op 19 Mei by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie se stadion in Soshanguve, noord van Pretoria, plaas.

Die verrigtinge begin om 13:00.

NG Kerk praat wel oor pornografie
BELLVILLE. – Baie lidmate het hulle kommer uitgespreek omdat die NG Kerk se stem volgens hulle nie duidelik genoeg gehoor is na die onlangse goedkeuring van TopTV se pornografiekanale nie. Dr Ben du Toit van die NG Kerk se parlementêre lessenaar sê egter dat die kerk hom deur die jare, deurlopend en op talle forums, teen pornografie en die gevolge daarvan uitgespreek het.

Die mees onlangse geleentheid was in 2011, toe die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland duidelik hieroor standpunt ingeneem het. Luidens daardie verklaring spreek die NG Kerk hom ten sterkste uit teen alle vorme van pornografie en materiaal in die media wat vroue en kinders degradeer of seksueel uitbuit – ook die ongekontroleerde vertoning daarvan. “Daar heers ernstige kommer oor die geweldige hoë voorkoms van geweld en seksuele geweld teen vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse samelewing.

Pornografie en die seksuele stereotipering van vroue lewer ’n groot bydrae tot die probleem,” is daar gesê. Die NG Kerk het ook deurgaans “deur die korrekte kanale” protes aangeteken teen die vertoning van pornografiese programme op TV. Só is daar juis met ander rolspelers vir die ooreenkoms beding dat sodanige materiaal slegs ná 21:00 vertoon mag word. Dit het betrekking gehad op die SABC en op e.tv.

Dr Du Toit sê die NG Kerk het in die verlede sy lidmate aangemoedig om oor verskeie etiese sake die korrekte, etiese besluit te neem – vir hulleself én vir hulle kinders. “Dit is in situasies soos dié dat ons waardes as Christelike geloofsgemeenskap na vore moet kom,” het dr Du Toit gesê.

– karen@tydskrifte.co.za

Kerke bid wêreldwyd vir Noord-Korea
LONDEN. – Kerke en individue vanoor die wêreld het hulleself daartoe verbind om vir die volgende twee jaar sonder ophou vir Noord-Korea te bid. Dié bidprojek, genaamd “Cyrus”, is die inisiatief van die BMS Wêreldsendingorganisasie. Laasgenoemde is in 1972 deur die Baptistekerk in Engeland gestig en is in verskeie wêrelddele met evangelisasie gemoeid. Die dringende noodkreet om vir Noord-Korea te bid, volg nadat dié land vroeër vanjaar met dreigemente van ’n “onafwendbare oorlog” teen die VSA en Suid-Korea begin het.

Buitelanders in Suid-Korea is gewaarsku om die land te verlaat en só ’n kernoorlog vry te spring. Cyrus skryf in ’n persverklaring: “In die gees van welwillendheid en toewyding, vra ons almal om aan die bidprojek deel te neem en dringend en aanhoudend vir ingryping in Noord-Korea te bid. Sal julle asseblief almal in gebed verenig en die volgende twee jaar vir Noord-Korea bid?”

Die projek is geskoei op ’n teksvers in Paulus se eerste brief aan Timoteus. Dit lui só: “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ’n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid” (1 Tim 2:1-2). Christene in Noord-Korea leef in vrees vir vervolging.

Daar is geen geloofsvryheid nie en Christene word summier in die tronk gegooi indien dit aan die lig kom dat hulle God se Woord verkondig.

– Bron: Christian Today