WELLINGTON. – Daar heers groot vreugde en dankbaarheid oor die veilige terugkeer van ’n Suid-Afrikaanse vrou wat vir nagenoeg twee maande in ’n land in Noord-Afrika aangehou is. Die vrou, wie se naam om veiligheidsredes weerhou word, is in Februarie vanjaar saam met drie ander mense aangekeer. Ten tye van haar inhegtenisname was sy ’n [...]
Continue reading …GRAHAMSTAD. – “Die gesegde ‘’n mens is nooit te oud om te leer nie’ het dalk ’n bietjie kop toe gegaan!” Só skerts emeritusleraar Koos Oosthuyzen (79) wat onlangs ’n doktorsgraad aan die Rhodes-Universiteit behaal het. Mev Mariëtte Odendaal, jare lange familievriendin van die Oosthuyzens, het sy merkwaardige verhaal aan Kerkbode vertel: “Koos is onder [...]
Continue reading …PRETORIA. – Verskeie predikante en kerkraadslede uit die Oostelike Sinode het onlangs vergader vir terugvoer oor gebeure in die sinodale gebied sedert die vorige sinodesitting. Dr Ferdie Clasen, voorsitter van dié sinode, sê benewens terugvoer oor die werk van die Algemene Sinode se taakspan, en die beplanning vir die pad vorentoe, is daar ook geleentheid [...]
Continue reading …KEMPTONPARK. – Die seisoen van gesprekvoering oor die aanvaarding al dan nie van die Belydenis van Belhar, het amptelik binne Sinode Hoëveld begin. Dié sinode het onlangs ’n dagkonferensie oor die Belydenis van Belhar by die NG Gemeente Bonaeropark in Kemptonpark aangebied. Dr Neels du Randt, voorsitter van die sinodale dienskommissie (SDK) van die sinode, [...]
Continue reading …Die Belydenis van Belhar het sowel sterk teenstand as ondersteuning van die vloer gekry tydens die Sinode van Wes-Transvaal se onlangse buitengewone sitting in Randfontein. Met ds Norma Rossouw in die voorsitterstoel het die afgevaardigdes dié omstrede saak met groot rustigheid gesamentlik en om die tafels bespreek. Tog was daar skerp opponerende menings. Ds Attie [...]
Continue reading …“Ons het moontlik nou ’n punt bereik waar kerkhereniging nie meer net ’n droom is nie, maar ’n droom wat ’n werklikheid kan word.” So het dr Mary-Ann Plaatjies-Van Huffel, moderator van die jongste Algemene Sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK), aan Kerkbode gesê na die vergadering wat verlede week tussen die NG Kerk [...]
Continue reading …Met die 185ste herdenking van die geboortejaar van die bekende Wellingtonse predikant en skrywer, dr Andrew Murray, is daar vanjaar groot opgewondenheid oor die Andrew Murray-prys en die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir teologiese publikasies. Die wenners is reeds bekend gemaak en die gesogte pryse sal aanstaande maand aan hulle oorhandig word. Die Andrew Murray-prys vir [...]
Continue reading …MODIMOLLE. – Hy droom dit en daarom kan hy dit doen. En hy wil ook graag ander mense help om te droom. Só sê ds Wollie Wolhuter, leraar van die NG Gemeente Waterberg op Modimolle (Nylstroom). Ds Wolhuter beplan om binnekort die uitmergelende 5 895 m tot by die kruin van Kilimandjaro in Tanzanië uit te klim. [...]
Continue reading …WELLINGTON. – Mnr Danny Fourie het aan die begin van April as publikasiehoof van Bybel-Media uitgetree. Hy het in 2005 by Bybel-Media aangesluit nadat hy voorheen die publikasiehoof van Lux Verbi en ook die Christelike Lektuurfonds was. Hy was sedert 1998 die uitgewer van die NG Kerk se kategesemateriaal. Die afgelope paar jaar het mnr [...]
Continue reading …JOHANNESBURG. – Geweld teenoor vroue is ontoelaatbaar. Dit was die duidelike boodskap ná die 15 de jaarlikse byeenkoms van die Conventus Reformatus, die Konvent van Kerke van die Reformasie in Suidelike Afrika, wat onlangs in Johannesburg gehou is. Ds Etienne Fourie, algemene sekretaris van die Conventus Reformatus, het in ’n verklaring gesê dat daar gefokus [...]
Continue reading …