Tuisblad » Argiewe volgens kategorie » Nuus » Suid-Afrika
NG Kerk se rol in Afrika versterk

NG Kerk se rol in Afrika versterk

Daar heers groot opgewondenheid oor die NG Kerk se toelating tot die All Africa Conference of Churches (AACC). Die AACC is die belangrikste ekumeniese liggaam op die vasteland en vergader elke vyf jaar. Die NG Kerk se lidmaatskap word gesien as ’n geleentheid om bande met Christene oor die hele kontinent heen te bou. Prof [...]

Gesprek oor teologiese opleiding

PRETORIA. – ’n Versoek tot ’n gespreksgeleentheid met teologiese dosente oor teologiese opleiding aan die Universiteit Pretoria (UP), het nouer bande tussen die NG Sinode Hoëveld en die NG Kerk se dosenteraad aan dié universiteit tot gevolg gehad. Verskeie dosente aan UP se teologiese fakulteit het in April met leraars uit genoemde sinodale gebied in [...]

Continue reading …
VSCV wil lewens in Zimbabwe aanraak

STELLENBOSCH. – In ’n poging om ’n daadwerklike verskil in die Zimbabwese gemeenskap te maak, beplan die Wes-Kaapse tak van die VCSV ’n uitreik na Bulawayo. Me Melitta Adams, diensjaar-spanleier, sê die uitreik gaan deur die VCSV se Wes-Kaapse Diensjaar vir Christus-span onderneem word. “Ons beplan om ’n daadwerklike verskil in mense se lewe te [...]

Continue reading …
Land bid vir nasionale kwessies

PRETORIA. – Kerkleiers uit verskillende kerke en Christene van oor die ganse spektrum in Suid-Afrika gaan binnekort aan ’n nasionale gebedsdag in Pretoria deelneem. Dié gebedsdag is deur die Suid-Afrikaanse Christenleiers Indaba (SACLI) uitgeroep – en die doel daarvan is om vir ernstige nasionale kwessies te bid, onder meer verkragting, korrupsie en geweld. Luidens ’n [...]

Continue reading …
NG Kerk praat wel oor pornografie

BELLVILLE. – Baie lidmate het hulle kommer uitgespreek omdat die NG Kerk se stem volgens hulle nie duidelik genoeg gehoor is na die onlangse goedkeuring van TopTV se pornografiekanale nie. Dr Ben du Toit van die NG Kerk se parlementêre lessenaar sê egter dat die kerk hom deur die jare, deurlopend en op talle forums, [...]

Continue reading …
Nie te oud om gedoop te word

MEYERTON. – Só iets word maar een keer in ’n leeftyd beleef. Dit is wat die NG Gemeente Meyerton se lidmate gesê het toe een van hulle bejaarde lidmate, mnr Johan Nortjé (84), onlangs belydenis van geloof voor die gemeente afgelê het nadat hy gedoop is. Dr Stefan Stassen, gemeenteleraar, sê oom Johan woon al [...]

Continue reading …
Reünie versterk kweekskoolklas se bande

KLEINMOND. – Ou vriendskapsbande is versterk en allerlei stories is tot laataand uitgeruil toe 1963 se Kweekskoolklas aan die Universiteit Stellenbosch (US) onlangs ’n 50-jaar reünie gehou het. Ds Johann Smith sê dat die drie dae-kuier op Kleinmond besonder geseënd was. “Dit is altyd ’n wonderlike gebeurtenis wanneer ’n mens weer kan saam kuier en [...]

Continue reading …
Vloede smee sterker bande

Boesmansriviermond. – “Die groot vloede wat die Oos-Kaap verlede jaar Oktober getref het, mag dalk óú nuus wees. Maar die gevolge daarvan sorg steeds vir baie stories wat nog nie voorheen vertel is nie.” Só sê ds Riaan Steyn, leraar by die NG Gemeente Dias in die Boesmansriviermond. Hy vertel: “Die reën wat so aanhoudend [...]

Continue reading …
Kinderhuis-krisis kring uit

Die reuse- finansiële krisis kring nou só uit dat dit die voortbestaan van talle kinderhuise in die gedrang bring. Die Kestell-kinderhuis in Kimberley moes verlede jaar, na meer as 120 jaar, sy deure sluit en daar is vrese dat nog kinderhuise kan volg. Volgens dr Botha van Aarde, uitvoerende beampte van Kerklike Maatskaplike Diensraad (KMDR), [...]

Continue reading …
Lofsing met die ‘Liedboek’!

WELLINGTON. – Daar is goeie nuus vir gemeentes: Liedboek van die Kerk, wat geruime tyd uit druk was, is nou weer beskikbaar. Na talle navrae en versoeke is dié publikasie nou weer herdruk en die nuwe oplaag is onlangs by Bybel-Media afgelewer. Die Liedboek kos R130 (BTW en posgeld ingesluit). Vir enige verdere navrae of [...]

Continue reading …
Bladsy 1 van 17123Volgende ›Laaste »