Tuisblad » Argiewe volgens kategorie » Kommentare » Hoofartikel
Die NG kerk en Afrika

Die NG kerk en Afrika

Daar is ’n opgewonde gevoel onder talle kerkleiers oor die NG Kerk se onlangse toelating tot die All Africa Conference of Churches (AACC). Vanuit ’n ekumeniese hoek bied dit die geleentheid om groter kontak met Christene van die kontinent te bou. Hierdie nuus kom kort na die onlangse vergadering van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) [...]

Waarom sing ons?

Wilhelm Richard Wagner is vanjaar 200 jaar gelede op 22 Mei 1813 gebore. Hy was ‘n Duitse komponis, teaterregisseur en dirigent wat veral bekend is vir sy operas. Sy komposisies het ‘n komplekse tekstuur en ryk harmonieë. Hy het ‘n groot invloed op die ontwikkeling van klassieke musiek gehad – sy Tristan und Isolde word [...]

Continue reading …
Nalatenskap en verdeeldheid

Geen twee mense dink en voel dieselfde nie. Dit is deel van menswees. Die Griekse filosowe het hierdie eienskap van mens­wees tot ‘n professie ontwikkel. Vir ure is daar gedebatteer oor die lewe en godsdiens. Die sienings en voorkeure was so geskakeerd soos die geure van ’n Oosterse mark. Verlede week is die vrou wat [...]

Continue reading …
’n “Ongemaklike” Mens

“A troublesome woman.” So, berig Kerkbode op bl 12, het oud-president Nelson Mandela vir Rhoda Kadalie genoem. Hoekom? Waarskynlik omdat sy ongemaklike vrae aan regeringsinstellings en ander verantwoordelike persone gestel het. Haar vinger bly druk het op plekke waar dit iemand gepla het. Oor die algemeen hanteer die gemeenskap mense wat krap waar húlle nie [...]

Continue reading …
Die misterie van die lewe

Iemand het gesê dat die ware misterie van die lewe die sigbare en nie die onsigbare is nie. Die Oscar Pistorius-moordsaak wat die media oorheers, laat ’n mens hieraan dink. Die sigbare kant van hierdie moord, naamlik ’n donker kamer, ’n toe toiletdeur, vier skote en later die lewelose en bebloede liggaam van ’n pragtige [...]

Continue reading …
‘n Verhaal van hoop

Dit is met groot dankbaarheid dat Kerkbode elders in hierdie uitgawe kan berig dat ’n jare lange dispuut tussen die NG Kerk in Afrika (NGKA) en die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA) pas bygelê is. Dié bittere onenigheid kom van vér af 16 jaar ver, om presies te wees. Dit was hoofsaaklik kerkgeboue en [...]

Continue reading …
Te veel van ’n reputasie

Sedert die aanvaarding van die Belydenis van Belhar 27 jaar gelede deur die Algemene Sinode van die destydse NG Sendingkerk, het dit grootskaalse verdeling en skeiding in die NG Kerkfamilie gebring. Wat vir die huidige Verenigende Gereformeerde Kerk ontstaan het as ‘n eie geloofsbelydenis ná die afkondiging van ‘n status confessionis (“… as ‘n kreet [...]

Continue reading …
Minder lidmate noodsaak nuwe denke

DIE dalende tendens in die NG Kerk se lidmaattalle word die afgelope dekade jaar na jaar deur die statistiese gegewens in die Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke bevestig. Die NG Kerk se doop- en belydende lidmate het die afgelope jaar met meer as 29 000 gedaal. Volgens die Jaarboek was daar oor ’n tydperk [...]

Continue reading …
Om te moet wag

Min mense kan wag. Ons is haastige wesens, ongeduldig. Dinge moet gebéúr, hoe gouer hoe beter. Kry nou koers! vermaan ons die kinders. Skud op! Klaarblyklik was dit nog altyd so. Die ou trekvolk, byvoorbeeld, het op pad na hulle beloofde land gereeld geduld verloor met hulle talmende voorganger, die Here se verteenwoordiger, lees ons [...]

Continue reading …
Nkandla en die kerk

Die argelose, eintlik skaamtelose, wyse waarop daar met geld omgegaan word in die opspraakwekkende Nkandla-bouprojek is regtig skrikwekkend. Ten aansien van skreiende, mensonterende armoede sommer om die draai of net anderkant die bult, word obsene bedrae geld op presidensiële luukshede bestee. Bloot die oorweging van sulke uitspattigheid gaan die verstand te bowe. Maar nou lyk [...]

Continue reading …
Bladsy 1 van 3123