Tuisblad » Argiewe volgens kategorie » Gesprek
Kampvegter Kadalie en kie praat reguit oor vrouepyn

Kampvegter Kadalie en kie praat reguit oor vrouepyn

Suid-Afrikaanse vroue is vuisvoos. Gewetenlose misdadigers, verkragters en vroueslaners voer ’n skrikbewind onder die land se vroue en dogters. KAREN VAN DER BERG het hieroor met twee vroue gaan praat – die een ’n professor in teologie, die ander ’n “troublesome woman”. Die onlangse wrede verkragting van en moord op Anéne Booysen (17) van Bredasdorp [...]

Thias Kgatla: Die lang pad na eenheid

Na jare se vergeefse pogings om eenheid in die NG Kerkfamilie te bewerkstellig, is daar weer hoop. Die NG Kerk se besluit om die Belydenis van Belhar op ’n kerkordelike wyse as belydenisskrif te aanvaar, het ’n nuwe vlam in die moeisame eenheidsgesprek aangesteek. Die afgelope week het die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider­Afrika in [...]

Continue reading …
Julian Müller: Gelowige wat mag twyfel

Vir baie mense is hy die profetiese stem van die kerk. Ander noem hom ’n dwaalleraar. Maar eintlik is Julian Müller net iemand wat van kleintyd af ’n intense behoefte gehad het om predikant te word in die kerk waarvoor hy lief is. Hierdie progressiewe maar oortuigde gereformeerde teoloog en denker het verlede maand die [...]

Continue reading …
‘Wat sê die Bybel?’

Hoe behoort Christene in 2012 die Bybel te lees? Soos ’n geskiedenisboek? ’n Bloudruk vir die heelal se ontstaan? ’n Handleiding vir my lewe? Vir watter slaggate moet Bybellesers in hulle pasoppens wees? Watter rol speel die kerk en ons tradisie by die lees van die Bybel? En wat van die wetenskap, die nuwe kennis [...]

Continue reading …
Geskil in Hervormde Kerk

Dit lyk of die voortgaande verskille in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika – ’n susterkerk van die NG Kerk – op ’n breukspul afstuur. Kerkbode het enkele vrae daaroor aan dr Wouter van Wyk, sekretaris: Toerusting, Inligting en Kommunikasie van die Hervormde Kerk, en aan die leier van die beswaardes, dr Johan Otto, voorsitter [...]

Continue reading …
Bybelvertaling lê klem op bronteks

’n Nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel is in wording. Hoekom is ’n vierde vertaling in 80 jaar nodig? TOBIE WIESE het dié en ander vrae aan die projekleier, prof Bernard Combrink, gestel.    Hoekom is ’n nuwe vertaling nodig?  ’n Advieskomitee wat die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) namens alle kerke wat die Bybel in [...]

Continue reading …
Tee saam met Nico Smith se Ellen

Saam met haar bekende man het dr Ellen Smith ’n reuse-rol op die sendingveld en in die stryd om die menswaardigheid van mense uit te bou, gespeel. Maar in die proses het sy ook haar eie stryd teen depressie gevoer. Kerkbode het gaan vasstel wat hierdie merkwaardige vrou deur die moeilike jare staande gehou het. [...]

Continue reading …