Sinodebode 2011 Aktueel Nagedink Wêreldnuus Gesprekke Sinode-nuusbriewe Skakels 18 Mei 2012

10 vrae aan ... Cassie Carstens


Cassie Carstens is een van die veelkleurigste dominees wat die NG Kerk nóg opgelewer het: veelkleurig wat sy onderbaadjies, sy talente en sy belangstellings betref. Hy het pas as gemeentepredikant afgetree en Frits Gaum het met hom gesels. 

1) Wie is Cassie Carstens?
Cassie is ’n stadsmens (Pretorianer in murg en been), ’n musiekmens (kerklied en kantory), ’n boommens (dendroloog), ’n seëlmens (versamel tematies inheemse bome, godsdiens, seekoeie en varke), ’n katmens (reuse gemmer = Koning Leeu, en die sagste “tortoise shell” = Haar-Koninklike-Skoonheid-die-Gemaskerde-Wonder!), ’n skribamens (hou van admin) en ’n gesinsmens (mal oor my vier pragtige
seuns).
 
2) Dalk die grootste bydrae wat jy tot ons kerklike lewe in die algemeen gelewer het, is jou rol as skriba en lid van die eindredaksie van die Gesamentlike Gesangekommissie wat in 2001 Die Liedboek van die kerk aan ons gegee het. Voldoen die Liedboek aan jou verwagtinge?
 Ja, tot ’n groot mate – dit is steeds ’n spogproduk. Daar is egter leemtes en tekortkominge, en daarom is dit so noodsaaklik om steeds nuwe liedere te skep. Ek is betrokke by die Vonkk-werkgroep (Voortgesette Ontwikkeling van Nuwe Klassieke Kerkmusiek) wat hom met dié taak besig hou.
 
3) “Die Liedboek word in sommige gemeentes verdring deur eietydse, veral Engelse, liedjies.” Jou kommentaar? 
Dit irriteer my intens. Ek bid immers nie in Engels nie. Daar is geen mooier en beeldryker taal as Afrikaans nie. 
 
4) Word daar gewerk aan ’n hersiene, bygewerkte Liedboek?
Ons sal nie sommer weer ’n hardeband-liedboek ­sien nie – dit is eenvoudig te duur. Met vandag se elektroniese tegnologie (webwerf, databord) sal die gemeentes al hoe meer daarby inskakel. Dit is vir my ’n jammerte, want dit bly ’n wins om met ’n liedboek in jou hande te staan en sing, en later weer na die teks te gaan kyk, en dit in jou gebede te gebruik, ensovoorts. 
 
5) Wat was vir jou die hoogtepunt tydens jou termyn as skriba van die Algemene Sinode?
Om elke keer die administratiewe voorbereiding vir die sinode te doen – agendas opstel, proeflees, uitstuur, verblyf en sitplekplasings, die handelinge (notu­le) daarna af te rond ... dit was plein lekker! 
 
6) En die laagtepunt?
Ons Moderamen het op ’n keer in Belhar saam met die Moderamen van die Verenigende Geref Kerk (VGK) vergader – altyd maar gespanne. Dr Setri Nyomi, nuwe sekretaris-generaal van die destydse GER (die Gereformeerde Ekumeniese Raad) het pas in Suid-Afrika arriveer en was as gas van die VGK op pad na dr Allan Boesak, destyds iewers in die Boland in die gevangenis. Nyomi het verby die vergaderlokaal geloop en die broeders van die VGK het hom nie aan ons kom voorstel nie. Dit was sleg om steeds as muishond behandel te word.
 
7) Een van die grootste tragedies in jou lewe was die vroeë dood van jou vrou, Elza. Hoe verwerk ’n mens so iets?
’n Mens kry dit nooit “verwerk” nie – jy leef net later makliker daarmee saam. Elza was die liefde van my lewe – niemand sal haar plek kan inneem nie. Ek sleep steeds elke dag voort soos ’n afvlerk-sprinkaan, maar soms waai die wind van agter en dan vlieg ek lang ente. 
 
8) Een van jou seuns is – nes een van myne – gay. Hoe voel jy oor die Algemene Sinode (2007) se besluite oor homoseksualiteit? 
Op papier enkele klein treetjies vorentoe (waarvoor ek dankbaar is), maar in werklikheid bitter min vordering. Hierdie mense word steeds deur die sogenaamde “gelowiges” in die kerk verguis en na die kantlyn gedwing. En boonop word gay predikante en gay teologiese studente se menswaardigheid eenvoudig verrinneweer. Wat de dywil beteken “selibaat”?! 
 
9) Jy het baie stokperdjies. Watter een gaan jou die besigste hou ná jou aftrede?
My seëlversameling – ek werk tans aan uitstallings oor die proteas en oor himnologie. Verder is ek betrokke by ’n studiegroep oor die destydse TBVC-tuislande – dit is ’n stuk geskiedenis wat dringend bewaar en gedokumenteer moet word. 
 
10) Is jy optimisties of pessimisties oor die toekoms van die NG Kerk? 
Die kerk verander saam met die tye, en ’n paar dringende en groot kopskuiwe is nodig (ook vir myself). Ons kan nie meer soos “in die goeie ou dae” kerk wees nie! Ek voel my steeds tuis in die NG Kerk en in die gemeente waar ek woon (Wierdapark-Suid) – daarom is ek optimisties en sal ek graag hier wil aanbid en meeleef.

 
Tien Vrae aan... Argief
M Y ..S T O R I E
 
 
Die inhoud van hierdie webbladsy mag op geen manier gepubliseer of hergebruik word sonder die skriftelike toestemming van die Kerkbode-redakteur nie.
Alle materiaal © Kerkbode Aanlyn l RSS feed l Ontwerp deur Oswald Kurten l Met trots gehuisves deur Bybel-Media, uitgewer van Kerkbode.
Specialize in replica and authentic Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap nhl Jerseys Wholesale nhl Jerseys Cheap NFL Jerseys Wholesale NFL jerseys Cheap MLB Jerseys Wholesale MLB Jerseys Cheap NBA Jerseys Wholesale NBA Jerseys personalized nfl jerseys cooperstown jerseys Cheap Nike Shoes Cheap Jordan Shoes Cheap NFL Jerseys Running Shoes air force one air force 1 cheap air force ones Nike Air Force custom air force ones Cheap Ed Hardy Ed Hardy Clothing Ed Hardy Shoes ed hardy jeans Ed Hardy Swimwear Ed Hardy bags ed hardy hats ed hardy t shirts hardy clothinginfant nfl jerseys, infant nfl jerseys,best running shoes, infant nfl jerseys, infant nfl jerseys, and jeff hardy. We have all your favorite teams and players. We can also customize infant nfl jerseys,infant nfl jerseys for your own personal needs. We are your one stop shop for all sport jerseys and apparel. Feel free to browse through our jerseys.