Piet Meiring Martha Argerich is ’n fenomeen. Vir baie is sy, doodeenvoudig, die grootste lewende pianis. Vir ander is sy die grootmoedige kunstenaar wat jaarliks in Switserland en Japan musiekfeeste hou om nuwe kunstenaars bekend te stel. Sy is ’n onafhanklike gees, sê baie, en sy laat haar deur niemand en niks voorskryf nie. Sy [...]
Prof Hendrik Bosman: Dit is verfrissend om ’n slag goeie teologie op Afrikaans te hoor. En om waar te neem hoe moeite gedoen word om, sonder verlies aan teologiese diepgang, omstrede stof algemeen toeganklik (populêr?) aan te bied. Die boek slaag daarin om ’n puik oorsig van eietydse internasionale gesprekke oor God se handelinge te [...]
Continue reading …Prof is vanjaar die wenner van die Andrew Murray-prys vir sy boek Lewend en kragtig? In gesprek oor God se handelinge in die wêreld. FRITS GAUM het met hom gesels. 1 Wie is Ernst Conradie? ’n Mens se biografiese identiteit word meer bepaal deur tipografie, demografie en genealogie as wat jy mag dink. Albei my oupas [...]
Continue reading …NUWE LEIERS VIR NUWE WERKLIKHEDE DEUR NELUS NIEMANDT UITGEGEE DEUR CUM, 2013 RESENSIE DEUR LIESEL KRAUSE-WIID Nelus Niemandt reken dat die kerk vasgevang geraak het in ’n kerklike spel van “musical chairs” – waar lidmate van een gemeente na ’n ander dans. Een gemeente probeer harder as die ander om mense te kry wat hulle [...]
Continue reading …EVOLUSIE, WETENSKAP EN GELOOF. ’n Biografiese inleiding tot die denke van Teilhard de Chardin. DEUR JAAP DURAND UITGEGEE DEUR BYBEL-MEDIA, 2013 RESENSIE DEUR CHRISTINA LANDMAN Hoekom kan wetenskap en geloof mekaar nie uitlos nie? Omdat hulle mekaar nodig het! sê Jaap Durand in hierdie boek. Die een kan nie die oorsprong en die ontwikkeling [...]
Continue reading …Nelus Niemandt is professor in Godsdiens- en Sendingwetenskap aan die Universiteit Pretoria, moderator van die jongste Algemene Sinode van die NG Kerk en voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen. Sy boek, Nuwe leierskap vir nuwe werklikhede, het pas verskyn. FRITS GAUM het met hom gesels. 1 Wie is Nelus Niemandt? Die kern van my identiteit [...]
Continue reading …Weefdrade van verskillende kleure is hier skering en inslag TREK DEUR WINNIE RUST UITGEGEE DEUR HUMAN & ROUSSEAU, 2013 RESENSIE DEUR CECILE CILLIERS Trek is beide titel en tema van Winnie Rust se jongste boek. Die titel dui op ’n gedwonge trek, moontlik die gevolg van botsende persoonlikhede, en die gehate Forced Removals Act. Van Bovlei en die [...]
Continue reading …KOELKOP. DINK SOOS ’N WENNER DEUR JANNIE PUTTER UITGEGEE DEUR LUX VERBI, 2012 RESENSIE DEUR HENDRIK VAN HUYSSTEEN Jannie Putter is ’n sportman, sportsielkundige en motiveringspreker. Hy is sedert 2006 die denke-afrigter by die Blou Bulle. Onder sy vorige topverkopers is Wenplan vir die lewe. In Koelkop skryf hy oor die invloed wat die regte positiewe denke en gesindheid [...]
Continue reading …SUA DU PLESSIS is al baie jare lank verbonde aan CUM, die grootste Christelike uitgewer in die land. FRITS GAUM het met haar gesels. 1 Wie is Sua du Plessis? Die publikasiebestuurder van die Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM). 2 Wat is die drie belangrikste publikasies waarby jy die afgelope tien jaar betrokke was? Dit is nie vir [...]
Continue reading …VERRAAIERS MET GYS DE VILLIERS, VILJÉ MARITZ EN RIKA SENNETT DRAAIBOEK: SALLAS DE JAGER REGISSEUR: PAUL EILERS IN STER-KINEKOR-TEATERS Daar was in die groei van die Afrikaanse filmwese ’n hele paar bakens: Die Kandidaat, Dirkie, Fiela se kind, Katrina, Paljas, Roepman, Die Wonderwerker – en nou ook Verraaiers. Met veral laasgenoemde twee het Afrikaanse rolprente nie net werklike volwassenheid bereik nie, maar [...]
Continue reading …