Tuisblad » Argiewe volgens kategorie » Nuus
NG Kerk se rol in Afrika versterk

NG Kerk se rol in Afrika versterk

Daar heers groot opgewondenheid oor die NG Kerk se toelating tot die All Africa Conference of Churches (AACC). Die AACC is die belangrikste ekumeniese liggaam op die vasteland en vergader elke vyf jaar. Die NG Kerk se lidmaatskap word gesien as ’n geleentheid om bande met Christene oor die hele kontinent heen te bou. Prof [...]

Gesprek oor teologiese opleiding

PRETORIA. – ’n Versoek tot ’n gespreksgeleentheid met teologiese dosente oor teologiese opleiding aan die Universiteit Pretoria (UP), het nouer bande tussen die NG Sinode Hoëveld en die NG Kerk se dosenteraad aan dié universiteit tot gevolg gehad. Verskeie dosente aan UP se teologiese fakulteit het in April met leraars uit genoemde sinodale gebied in [...]

Continue reading …
VSCV wil lewens in Zimbabwe aanraak

STELLENBOSCH. – In ’n poging om ’n daadwerklike verskil in die Zimbabwese gemeenskap te maak, beplan die Wes-Kaapse tak van die VCSV ’n uitreik na Bulawayo. Me Melitta Adams, diensjaar-spanleier, sê die uitreik gaan deur die VCSV se Wes-Kaapse Diensjaar vir Christus-span onderneem word. “Ons beplan om ’n daadwerklike verskil in mense se lewe te [...]

Continue reading …
Land bid vir nasionale kwessies

PRETORIA. – Kerkleiers uit verskillende kerke en Christene van oor die ganse spektrum in Suid-Afrika gaan binnekort aan ’n nasionale gebedsdag in Pretoria deelneem. Dié gebedsdag is deur die Suid-Afrikaanse Christenleiers Indaba (SACLI) uitgeroep – en die doel daarvan is om vir ernstige nasionale kwessies te bid, onder meer verkragting, korrupsie en geweld. Luidens ’n [...]

Continue reading …
NG Kerk praat wel oor pornografie

BELLVILLE. – Baie lidmate het hulle kommer uitgespreek omdat die NG Kerk se stem volgens hulle nie duidelik genoeg gehoor is na die onlangse goedkeuring van TopTV se pornografiekanale nie. Dr Ben du Toit van die NG Kerk se parlementêre lessenaar sê egter dat die kerk hom deur die jare, deurlopend en op talle forums, [...]

Continue reading …
Kerke bid wêreldwyd vir Noord-Korea

LONDEN. – Kerke en individue vanoor die wêreld het hulleself daartoe verbind om vir die volgende twee jaar sonder ophou vir Noord-Korea te bid. Dié bidprojek, genaamd “Cyrus”, is die inisiatief van die BMS Wêreldsendingorganisasie. Laasgenoemde is in 1972 deur die Baptistekerk in Engeland gestig en is in verskeie wêrelddele met evangelisasie gemoeid. Die dringende [...]

Continue reading …
Uitgetrede pous terug in Vatikaan

VATIKAANSTAD. – Meer as twee maande na sy uittrede het pous Benedictus XVI na die Vatikaanstad teruggekeer  om in ’n nuut geboude klooster te gaan woon. Die uitgetrede pous (86) se terugkeer na die Vatikaanstad beteken dat ’n afgetrede en ’n dienende pous vir die eerste keer in die geskiedenis so naby aan mekaar sal [...]

Continue reading …
Koor begelei sterwendes

WASHINGTON, DC. – “Maak seker jy kyk altyd vir die persoon. Wees bewus van sy asemhaling. Kyk na die ooglede se bewegings. Praat saggies.” Aan die woord is mev Ellen Synakowski, lid van die Washington DC-begeleidingskoor. Dié koor vertroos sterwendes deur vir hulle te sing wanneer hulle besig is om dood te gaan. “Die dood [...]

Continue reading …
Moderator besoek Suid-Korea

BELLVILLE. – Dr Braam Hanekom, moderator van die jongste Sinode van die NG Kerk in Wes-en-Suid-Kaapland, het onlangs ’n amptelike besoek aan Suid-Korea afgelê, en gevind dat Suid-Afrika dalk ’n klompie lesse hier kan leer. “Die Koreaanse landskap is mooi,” vertel hy. “Dit is bergagtig en boomryk. Maar effens eentonig in vergelyking met Suid-Afrika. Daarby [...]

Continue reading …
Nie te oud om gedoop te word

MEYERTON. – Só iets word maar een keer in ’n leeftyd beleef. Dit is wat die NG Gemeente Meyerton se lidmate gesê het toe een van hulle bejaarde lidmate, mnr Johan Nortjé (84), onlangs belydenis van geloof voor die gemeente afgelê het nadat hy gedoop is. Dr Stefan Stassen, gemeenteleraar, sê oom Johan woon al [...]

Continue reading …
Bladsy 1 van 24123Volgende ›Laaste »